As die wyn in wynjoernalistiek in asyn verander

Update: Now also in English!

With Afrikaans the lingua franca of SA wine producers, ethical issues concerning wine writing raised by George Claassen in Die Burger on Friday should attract some interest. Claassen, former Professor of Journalism at the University of Stellenbosch, is ombudsman for the newspaper and his comments in “when the wine in wine-journalism turns to vinegar� pull no punches. SA wine hacks are not the only ones to feel the wrath of the Claassen pen, with allegations made by Italian publication Il Mio Vino that Decanter magazine sells stories given another airing – this time in Afrikaans. Will Decanter sue Die Burger as they threatened www.winenews.co.za when I reported on the Il Mio Vino bombshell earlier this year?
 
Claassen’s comments get straight to the point: “how much value can wine lovers attach to the ratings of wine publications and wine writers?� he asks when he receives so many examples of unethical wine judging and marketing. The one he presents is of a “blind� tasting at a restaurant on top of Table Mountain with a group of wine connoisseurs and writers judging bottles from which the brand labels had been removed - although the back labels were “conveniently� still visible.
 
...
 
Claassen then looks at the state of play outside SA and moves on to a piece I wrote for www.winenew.co.za earlier this year. Called “when everything has a price�, it quotes extensively from a feature in Il Mio Vino by Gaetano Manti alleging that one of the major international wine magazines, Decanter, offers stories for sale. I wrote the piece in response to complaints by several local winemakers about the coverage of the Decanter World Wine Awards in the magazine where the form in which results are printed is a function of how much you pay. With over a thousand entries this year, the DWWA are up there with Veritas and the Michelangelo International Wine Awards as the most important wine shows on the SA calendar.

» Full Story

In Afrikaans nogal... uitgeleerd soos 'n jakkals.

HOEVEEL waarde kan wynliefhebbers heg aan die evaluerings wat wyntydskrifte en wynskrywers aan wyne toeken?
 
Dit is ’n vraag wat al lank by my spook omdat ek al soveel voorbeelde van lede van die publiek – ook lesers van Die Burger – gekry het wat praat oor die onetiese wyse waarop wyne beoordeel en bemark word.
 
My eie ondervinding is nogal sprekend. Eendag het ek tydens die een of ander Kaapse fees in die restaurant bo-op Tafelberg beland langs ’n groep wynmeesters en -skrywers wat klaarblyklik besig was met die een of ander beoordelingsessie van wyne. Die handelsmerk-etikette op die bottels was verwyder, maar die sogenaamde agterplat (al het ’n bottel nie eintlik ’n agterkant nie!) se etikette was nog almal “gerieflik� sigbaar.
 
Dit gaan egter om veel meer, want as daar twee terreine is waar die joernalistiek nogal oneties bedryf word, is dit die wyn- en motorjoernalistiek. Die kommersialisering van die joernalistiek, die sogenaamde advertorials of betaalde redaksionele kopie, word een van die grootste euwels in die joernalistieke bedryf.
 
Dit gebeur wanneer die produsent of bemarker of adverteerder betaal vir redaksionele kopie wat natuurlik niks leliks oor ’n produk sê nie. Wat ongelukkig dikwels gebeur, is dat die redaksionele kopie aan die leser aangebied word as net dít en tipografies moeilik onderskei kan word van redaksionele kopie wat nuusgedrewe is.
 
Die korrekte prosedure is om oop kaarte met die leser te speel en by sodanige kopie duidelik deur middel van ’n opskrif of banier aan te dui dat dit promosiekopie is. Daar moet by die leser nooit enige twyfel wees dat wat hier gelees word, eintlik betaalde advertensie-cum-redaksionele kopie is nie.
 
Waar die leser egter die meeste mislei word, is wanneer betaalde kopie oor wyn of ’n wynplaas aangebied word asof dit ’n eerlike redaksionele beoordeling van daardie produk of instelling is.

» Hele Storie

Tags: , , , , , ,

RSS | TOP
» What is RSS?