Franse flair

Publication: Rooi Rose | November 2007

Author: Vickie De Beer

Vier fees met 'n tikkie Franse sjarme. Al meer soorte sjampanje is in Suid-Afrika verkrygbaar en nogal teen billike pryse. Daar is sowat vierduisend sjampanjepodusente in Frankryk, waarvan net 'n handjie vol wêreldbekend is. Maar die res is steeds uitstekend en bekostigbaar.

Melgab International voer ook sjampanje teen bekostigbare pryse in. Kyk op hul webwerf www.melgab.co.za3 vir die sjampanje en Italiaanse wyne wat beskikbaar is. Ons het die Champagne Canard-Duchêne (Brut) geproe. Die sjampanje weerspieël die karakter van die produsente en die unike terrior: eenvoudig, warm en natuurlik. Intense vrugte op die neus en palet met 'n liggeel strooi-kleur fyn mousse (R220).

» Champagne Canard-Duchêne (Brut)

RSS | TOP
» What is RSS?